Die gevaar van afgodery in die oorskatting of onderskatting van die doop

Liedere

Psalm 105: 1, 2 & 3

Psalm 71: 4 & 5

Psalm 105: 4 & 5

Vandag is daar twee groot dwalinge rondom die doop.

  1. Eerstens is dit om die waarde van die doop te oorskat.  Dan word die water self as’t ware vir ons ʼn verlosser.
  2. Tweedens is dit om die waarde van die doop te onderskat, en so die genadeverbond te misken.  Dan word die fokus verplaas van Christus na die mens.  Laat ons dus Christus eer in ons regte beskouing van die doop.