Ons dankbare antwoord van lof op God se Woord

Liedere

Psalm 46:1, 3 & 6 

Skrifberyming 12-3: 1 & 2

Skrifberyming 5-2: 4

Psalm 68: 2 & 9

Psalm 40: 3, 4 & 5

Elke Sondag roep ons as’t ware uit: “Jesus, Here, ontferm U oor ons”, wanneer ons kom om die Here te ontmoet.  Dan antwoord die Here met sy Woord, waar ons hoor van ons verlossing in Christus.  Maar hoe sal ons antwoord wanneer die Here so met ons gepraat het?  Antwoord ons deur weg te gaan en vir onsself te leef?  Of bring die verlossingsboodskap ons juis nader aan God, waar ons kies om altyd naby Hom te leef en Hom te dank?