Sing ‘n danklied omdat God Sy skepping getrou onderhou

Verkondig die eer van die Here met jou alles, in besonder jou stem. God hou alles in stand. Vraag 27 van die HK sit die Here se genade vir ons mooi uiteen. Die skepping gaan voort omdat die Here se ewige Raad voortgaan. Ons moet die Here loof, omdat ons Hom persoonlik ken en saam met Hom die nuwe jaar kan inloop. In siekte en gesondheid gee ons barmhartige Vader vir ons alles wat ons nodig mag kry. Ons het verlossing ontvang, sodat ons tong en mond die werke van God mag uitjubel. Lewe dan soos mense van God wat vol van Sy Gees die ewigheid in kan sien.

21/01/2018 4:00 pm