015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Wapens vir 'n groot stryd

Wapens vir 'n groot stryd

Sunday, 15 March 2020 - 9:00am
Dominee: 
Teks: 
Ef 6: 10 - 20 en Kol 1: 13 - 20
Tema: 
Liedere

Psalm 89: 1, 2

Skrifberyming 12-3: 1, 2

Psalm 38: 1, 17

Skrifberyming 14-3: 1, 2

Psalm 23 : 3

Psalm 116

Skrifberyming 10-2

Skrifberyming 14-3: 3, 4

Die Satan is ons vyand wat rondgaan soos 'n brullende leeu. Daarom gee die Here wapens om ons van kop tot tone te beskerm. Ons is sag-te teikens - ons dink en ons koppe kan oorlaai word, ons kan begin twyfel in God se bestuur en beheer. Daarom moet ons ons harte op-pas. Satan floreer op twis, tweedrag, partyskappe en geweld. Hy neem ons op die pad van leuens en halwe waarhede. Hy maak vyandskap en saai tweedrag. Ons steek mekaar in die rug. Daarom ontvang ons die waarheid as sentrale deel van ons uitrusting. Die Gordel hou alles vas en bymekaar. Ons waarheid is dat Jesus Christus die Enigste ware Verlosser is. Satan wil ons kragteloos maak, maar ons vind ons krag in gebed by die Here om die swaard van die Heilige Gees te bly gebruik. Dit is God se Woord. Die Woord is ons wapen teen depressie, moedeloosheid en 'n gees van vreesagtigheid. Ons is geroep tot stryd, neem die Evangelie na buite met die geloof as skild as die teenstand-ers ons aanval. God het ons lief en Hy bewapen ons met die beste