God laat ons verby ons eie tyd na die toekoms kyk – gryp dit aan!

Liedere

Ps. 131: 1, 2 & 3

Ps. 126: 1 & 2

Ps. 40: 6 & 8

Ps. 74: 2, 7, 9 & 16

Ps. 130: 1, 2, 3 & 4

Ons word soms so vasgevang in ons moeilike omstandighede – persoonlik, in ons land en die wêreld, in ons kerke – dat ons soos Hiskia nie verby sy eie tyd en omstandighede na die toekoms kan kyk nie. Dan verloor ons enige hoop vir die toekoms; en die gevaar is dat ons dan soos Hiskia ook sê: “solank daar maar in my tyd vrede en veiligheid is.”

God dwing ons, soos vir Hiskia, om ons harte hieroor te ondersoek.

  • ‘n Uitkyk op die toekoms is belangrik vir die kerk van die Here, want God lig ons oë op om verby ons tyd en omstandigheid na Hom in Christus te kyk, en dan te sien dat daar ‘n toekoms vir sy kerk is – ‘n toekoms wat uitloop op die wederkoms van Jesus.
  • En hierdie toekomsvisie moet ons nou dwing om ons roeping as kerk uit te leef en so ‘n verskil hier en nou te maak.