God is ons Toevlug

Liedere

Psalm 149: 1, 2 ;

Psalm 89: 1, 6;

Psalm 61: 1, 6;

Psalm 89: 12, 13 ;

Psalm 47: 1, 2;

Psalm 47: 3, 4  

Wat is jou hoop in stormagtige tye? Ons hoor verbondstaal. Ons het Jesus Christus wat ons ewige hoop is. Hy het agter die voorhangsel ingegaan. Mense vlug van God, maar Hy is ons enigste toevlug. By Hom is alles vas. Ons is nie soos skepe sonder anker, hulpeloos op die stormwaters van die mensdom nie. Ons is nie uitgelewer, oorgelewer of ontkrag nie, maar verlos vir ewig.