Nogtans sal ons in die Here jubel

Liedere

Psalm 66: 1, 7

Skrifberyming 12-3: 1, 2

Psalm 38: 1, 17

Psalm 86: 1, 3, 6

Skrifberyming 14-2:1

Die boek Habakuk begin met twyfelvrae en wanhoop, maar eindig met vertroue in die nogtans-geloof .  Ons oorwinning in Jesus Christus is die bron van ons blywees onder alle omstandighede.  Deur die Woord herinner die Heilige Gees ons aan God en al sy magtige dade.  Só verander die Heilige Gees ons twyfel en wanhoop in vaste vertroue.  Al gebeur die ergste – nogtans sal ons die die Here jubel.