Ons kan vergewe in Christus

Skriflesing Gen. 45; Gen. 50: 15 – 21
Liedere

Lied 190: 1, 3

Psalm 146: 1, 3

Psalm 18: 4

Skrifberyming 9-3: 1, 2

Skrifberyming 2-4: 1, 2

Skrifberyming 4-6

Die Here gebruik die mens se goeie en slegte planne om Sy Raadsplan te laat gebeur. Die broers verkoop Josef as slaaf. Josef bely: Die Here het my gestuur, sodat ons almal kan lewe. En deur die Heilige Gees kan hy sy broers vergewe vir hulle sonde. Die Here herstel stukkende verhoudings en laat ons onthou: Die slegste goed is nie die laaste goed nie.