Ons moet die Here se heerlikheid ken

Liedere

Psalm 90: 1, 2

Skrifberyming 4-6

Skrifberyming 18-7: 9, 12

Die Here openbaar Homself meer as een keer op ‘n besondere manier. Ons lees van die heerlikheid van die Here. Dit word ook die Shekinah genoem – die sigbare manifestasie van Sy heerlikheid. Lees Eseg 1 en Eks 40. Ook die herders in Luk 2 beleef die heerlikheid van die Here en word bang. Wat is die heerlikheid van die Here dan?