Volg die Here die onbekende in

Liedere

Psalm 115: 1,2

Psalm 146: 2, 8

Psalm 107: 10

Psalm 130: 1, 4

Lied 255: 1, 2

Lied 188: 1, 3

Woensdag gebeur daar weer ‘n stemdag. Vir ons is die toekoms na daardie dag onbekend. Moet ons terugdeins? Nee. Die Here roep ons om Hom steeds te volg. Hy ken reeds die pad. Niks is vir die Here onmoontlik nie. Nie eers ‘n Jordaan wat sy walle oorstroom nie. Die volk sien 3 dae lank hoedat die vloed afkom. God dam die vloed op en Sy volk stap daardeur. Vertrou die Here. Hy maak ‘n pad die toekoms in. Ons kan Hom vertrou. Hy het in Christus die ewigheid vir ons gereed gemaak.