015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Almal wat in Christus glo, sal op die laaste dag uit die dood opstaan.

Almal wat in Christus glo, sal op die laaste dag uit die dood opstaan.

Sunday, 24 February 2019 - 6:00pm
Teks: 
Johannes 6:37-40;  Hebreers 10:19-31, 39; 1 Johannes 2:19-20;
Tema: 

Liedere

Psalm 138: 1,2,4
Psalm 12: 2,3,6,7 (melodieë van SB 4-8 )
Skrifberyming 1-1: 1,2,3,7

Kan iemand wat tot ware geloof in Jesus Christus gekom het, later verlore gaan? Ons ken almal vriende en familie wat vir ‘n tyd lank of vir baie jare deel was van ’n kerk en vasgehou het aan Jesus Christus, maar nou glo hulle nie meer in nie. Hoekom gebeur dit? Gaan hulle nogsteeds van God se oordeel gered word of nie? Gaan God hulle terugbring na Sy kerk? 

Te midde van hierdie vrae bied God se Woord vir ons een vaste antwoord: Niemand wat aan God behoort en in Jesus Christus glo, sal verlore gaan nie.