015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Jesus Christus is die goeie herder wat vir Sy skape gesterf het. Hulle luister na sy stem.

Jesus Christus is die goeie herder wat vir Sy skape gesterf het. Hulle luister na sy stem.

Sunday, 10 February 2019 - 6:00pm
Teks: 
Eksodus 12:12-13, 26-30; Johannes 3:16; 10:11-18
Tema: 
Liedere

Psalm 103: 1,5

Psalm 12: 2,3,6

SB 5-3: 1,2,4,5

Waarom het Jesus Christus aan die kruis gesterf?
Dit is ’n basiese vraag en alle Christene sal saamstem met die woorde van Paulus in 1 Timoteus 1:15: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Presies hoe Jesus Christus se kruisdood die verlossing van sondaars bewerkstellig het word wel verskillend verstaan. Volgens die Arminiane het Jesus Christus se dood dit moontlik gemaak vir alle sondaars om verlos te word, maar dit word net van toepassing op sondaars wanneer hulle self kies om in Christus te glo. Alhoewel die Bybel dit duidelik maak dat Jesus Christus se kruisdood genoegsaam was om vir die sondes van alle mense te kan betaal, word ons ook geleer dat hy slegs vir sy skape gesterf het. Die sondaars wat Jesus Christus met sy dood verlos het, is diegene wat aan hom behoort en wat hy self uitgekies het om in hom te glo. Jesus Christus is nie ’n halwe verlosser wat net die verlossing van sondaars moontlik gemaak het nie, hy het gekom om sondaars volledig te verlos.