015 296 0054
h/v Mcdonald- & Erasmusstraat, Florapark, Polokwane
Tuis | Preke | Ons Here Jesus is en bly altyd by sy kerk!

Ons Here Jesus is en bly altyd by sy kerk!

Sunday, 29 December 2019 - 9:00am
Boek: 
Teks: 
Openbaring 1:9-20
Liedere

Psalm 31 : 12, 17, 19

Psalm 91: 1, 6 ,7

Psalm 119: 49, 54, 58

Skrifberyming 7-1: 1, 3

Skrifberyming 10-2

Psalm 138 1, 2, 3, 4

 

Op verskeie dele van die wêreld ervaar die kerk van die Here moeilike tye. Aan die een kant lewe ons in 'n tyd waar dit in die Westerse wêreld nie meer so algemeen is om 'n Christen te wees nie. Aan die ander kant ervaar die kerk van die Here baie moeilike tye, omdat ons leef in 'n tyd waarin die kerk geweldig vervolg word.

 

Dit alles laat 'n mens wonder oor die toekoms van die kerk. Wat gaan van die kerk word? Wat gaan van óns kerkverband word? Want ook ons ervaar moeilike tye.

 

Die oomblik wat ons so begin redeneer, het ons weer nodig om te hoor wat God in sy Woord sê oor sy kerk. Ons het nodig om weer te hoor wat die kerk is en Wie s'n die kerk is. Ons het nodig om te hoor wie Christus is, en wat Hy doen. En dit hoor ons duidelik en treffend in Openbaring 1.

 

In Openbaring 1 vind ons:

  1. die kerk te midde van geweldige swaarkry (1:9);
  2. te midde van swaarkry stuur Christus 'n boodskap vir sy kerk (1:10-11);
  3. Christus se boodskap: "Ek is by julle" (1:12-13a);
  4. die wonderlike besef: Wie Christus is wat by sy kerk is (1:13-16);
  • Hy is ons ware Hoëpriester;
  • Hy is die groot Koning;
  • Hy is volkome heilig en heerlik;
  • Hy is alwetend;
  • Hy is absoluut standvastig en betroubaar;
  • Hy is almagtig;
  • Hy is die groot Regter;
  • Hy is heerlik.

die wonderlike resultaat: Ons hoef nie bang te wees nie (1:17:20)